Instruksies vir die volmaakte lewe ingesluit

Neem hierdie pil vir sooibrand, daardie een vir kopseer, nog een vir hierdie kwaal, en voor jy dit weet is jy so vol gif gepomp, dis net ‘n kwessie van tyd voor jy ontlont. “Lees hierdie boek om gewig te verloor, neem hierdie kursus om so te voel.”  “Eet dit en voel so, eet dat en voel so.” Elke dag is ons blootgestel aan informasie oorlaai, tot so ‘n mate dat ons nie meer weet wie om te glo of wat om te doen nie. En elke dag word daar net meer informasie beskikbaar gestel, wat vir my een ding sê:  daar is nog steeds geen goeie antwoord op al die vrae nie.  Indien daar was, sou dit mos nie nodig wees om meer informasie beskikbaar te stel nie.

Die soeke na die instruksies vir ‘n volmaakte lewe het ‘n winsgewende bedryf geword.  Elke persoon is nou ‘n kenner en weet beter as jy.  En hoekom nie, meeste mense soek gedurig na die antwoorde.  En die groot probleem is dat jy nie in hierdie lewe ingekom het met ‘n “hoe om” instruksie boek in die hand nie.  Sou dit makliker gewees het as jy een gehad het?  Ek dink nie so nie, maar dit sou seker heelwat mense beter laat voel het.

Die groot probleem is dat die meeste van die informasie wat beskikbaar is, niks minder is as een persoon wat sy/haar mening op jou probeer afdwing nie.  Ongelukkig worstel daardie mense met dieselfde probleme waaroor hulle soveel te sê het. Gaan doen ‘n bietjie navorsing en kyk hoeveel informasie is beskikbaar.  Daar is boeke, kursusse, artikels, enigiets waaraan jy kan dink.  Elke persoon se antwoord is beter as die vorige een, en verseker die antwoord waarvoor jy gewag het.  Elke persoon het daardie een geheim wat die verskil gaan maak.  En raai wat – met al die informasie beskikbaar vandag, bly die soeke steeds dieselfde.  As die probleem opgelos word, gaan daar mos nie meer ‘n aanvraag wees nie.

Die antwoord – wees die BESTE JY wat jy kan wees.

Ek weet, jou eerste vraag gaan wees “makliker gesê as gedoen, hoe doen ek dit?” En dis juis die probleem, daar is niks wat jy moet doen nie, jy moet wees.  Wanneer ons probeer doen, beteken dit ons moet werk maak van die saak.  Maar wanneer jy is, verlang dit nie werk nie, dit is klaar daar, al wat verlang word is dat jy na jouself luister en die ware jy ‘n kans gee.

Ons is so bekommerd oor wat die ander mense te sê het, wat hulle van ons dink, dat ons vergeet om onsself ‘n kans te gee.  Onthou altyd, terwyl jy jouself bekommer oor wat ander mense te sê het, is daardie mense besig om presies dieselfde te doen.  So gaan ons deur die lewe en mors kosbare tyd op onbenullighede.

Wanneer laas het jy geluister?  Regtig geluister na jouself.  Die antwoorde is binne jou, wees net oop. Ons het dit al almal ondervind, daardie stemmetjie, daardie gevoel, daardie hare wat reis, daardie warm gevoel in jou maag.  Dis hoe maklik dit is.

Luister na wat ander mense sê, hoor dieper as die woorde.  Luister met jou hele wese, voel wat gesê word.  90% van die tyd is ons te besig om na onsself te luister, ons hoor nie wat ander te sê het nie. 

Wat meer kan ek sê, behalwe dat jy wonderlik is nes jy is, en glo my as jy ‘n kans het om plekke te ruil met ‘n ander, gaan jy tweekeer dink, want jy weet nie regtig wat daardie persoon se vrese en bekommernisse is nie.  En glo my, jou lewe is volmaak, gee dit net ‘n kans.

About Foottapper

The need to assist candidates was developed when I observed how inexperienced recruiters often discarded the best candidate available for a job due to the job seeker being represented by a badly written CV. Most recruiters are so busy with their own agenda of finding suitable candidates that they disregard the people on the other side. If you have what they want, good and well, but if you don’t then nobody is interested in helping you. Every CV we produce is a one-of-a-kind marketing tool. This is a highly specialized service tailored to your individual profile and circumstances, and is proven to increase your chances of getting invited for an interview. Once you receive the completed document, you will be excited and eager to send out your CV. We will ensure that your CV has the HERE I AM effect it deserves.
This entry was posted in Afrikaans and tagged , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Instruksies vir die volmaakte lewe ingesluit

  1. hello great little web site you have there :) I work with the very same web theme on my own website but for whatever silly factor it looks to load at a higher speed on your site although your own contains much more content material. Have you been making use of any plugins or widgets which will quicken it up? Do you think you could have the plug ins so maybe I might use these in my personal websites so twilight eclipse users could watch twilight new moon online trailers and videos more rapidly I’d personally be ever so thankful – kudos ahead of time :)

  2. Edie Castle says:

    Great article, thanks for the share. Blog bookmarked :)

  3. hi i posted a comment some time back dealing with exactly how to speed up my twilight eclipse website’s load time because we used the very same theme back then and someone placed a remark responding to it on my webpage a few days ago – if that was you I simply wanted to say cheers, and if it was not you then sorry to take the time you, but cheers nonetheless! :)

  4. Foottapper says:

    Hi, not me but great how people are willing to help each other. That is what makes life so magical, only by giving do you receive.

  5. Greetings, I enjoy your website. This is a great site and I wanted to post a comment to let you know, nice job! Thanks Louis

    Louis Vuitton

    vuitton

  6. I found this information usefull.

  7. Your header is a bit wonky in Opera, mate.

  8. Foottapper says:

    I will look into this problem and try to resolve it soonest.

  9. Your facts below is astounding and wicked. So content to be a everyday reader!

  10. Cheers for ad this wonderful articles, I’m so enthusiastic about examining your updates tomorrow!?!

  11. Watching movies online is a huge pursuit of mine and I am genuinely delighted that I saw your site. I adore the layout and you have got a lot of of the latest movies online that I have seen anywhere. I trust you wil keep it up to date as think its likely the strongest internet site around.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>